Die graad 9-kamp sal vanjaar slegs op Vrydag 28 Januarie gedurende skooltyd plaasvind en nie meer oor twee dae soos in die jaarprogram aangedui nie. Graad 9-ouers word gevra om die vrywaringsvorm by bit.ly/PretdagGR9 in te vul.
’n Koste van R50 is betaalbaar en kan direk op die d6 Connect gedoen word. Alternatiewelik kan graad 9-leerders R50 by die betaalkantoor inbetaal.
Rig enige navrae aan me. Erasmus by betti@bloemhofschool.co.za.