2022 – Welkom terug!

Die HMS Bloemhof wens ons leerders, ouers, personeel en vriende van die skool ’n voorspoedige 2022 toe! Die personeel het reeds vanoggend teruggekeer en heelwat van ons sportprogramme is reeds onderweg. Graad 8-koshuisleerders het ook reeds ingetrek – ons hoop julle voel gou tuis.

D6 CONNECT

Ouers/leerders wat nog nie die d6 Connect-toepassing afgelaai het nie, word vriendelik gevra (en streng aanbeveel) om dit so gou moontlik te doen. Hierdie kommunikasiekanaal is die skool se direkte lyn om inligting vinnig en maklik oor te dra en kan op ’n slimfoon en/of ’n rekenaar geïnstalleer word. Besoek https://www.bloemhofschool.co.za/d6/ vir meer inligting.

PROGRAM VIR DIE WEEK

Die skool open môre (18 Januarie) om 09:00 vir graad 8’s en op Woensdag om 08:15 vir grade 9-12. Die volledige program vir die week is nou op die webwerf beskikbaar: https://www.bloemhofschool.co.za/hierdieweek/

JAARPROGRAM

Die jaarprogram is as ’n bron op d6 Connect beskikbaar, maar kan ook hier op die webwerf onder “Belangrike Dokumente” of direk by https://www.bloemhofschool.co.za/jaarprogram/ gevind word.

KANALE

Ouers/leerders word herinner om hul dinamiese kanale (op d6 Connect) op te dateer – kies die graad waarin u dogter vanjaar is om seker te maak u ontvang die korrekte inligting indien u nie alle kommunikasie wil ontvang nie. Koshuis-ouers moet asb. ook die koshuis-kanaal kies.

Mag 2022 ’n mooi jaar wees!