Herinnering: Bestellings vir Fotodagfoto’s

Ouers/voogde word herinner dat Fotodagfoto’s se bestellings vandag sluit. Sien die onderstaande kennisgewing vir meer inligting.

Intussen is die foto’s wat tydens die Prysuitdeling geneem is, ook vir bestellings geopen. Leerders wat nie hul kodes het nie, kan by die sportkantoor daaroor navraag doen.

OORSPRONKLIKE KENNISGEWING:

Bestellings van die foto’s wat tydens vanjaar se Fotodag geneem is, kan nou direk by Prestige Photographic geplaas word. Die meeste graad 8-11’s het vandag hul bestelkodes in hul registerklas ontvang, maar die kodes kan by die sportkantoor gekry word.

SPERDATUM VIR BESTELLINGS: 11 NOVEMBER 2021

Volg hierdie stappe om foto’s te bestel:

  1. Gaan na https://ctorders.prestigephoto.co.za
  2. Sleutel jou bestelkode in
  3. Kies van ’n verskeidenheid bestelopsies.

FAQ:

  • Ek het nie ’n bestelkode ontvang nie.
    – Stuur ’n e-pos aan stephan@bloemhofschool.co.za om jou kode te kry.
  • My dogter se kode verskyn nie op die lys nie.
    – Dit kan wees dat jou dogter se foto nie op die eerste fotodag of tydens die afwesigheidsfotodag geneem is nie, of dat daar ‘n fout ingesluip het. Kontak in dié geval direk vir Prestige Photographic.
  • Ek wil graag ’n groepfoto ook bestel – hoe gemaak?
    – Daar is weens COVID-19 nie vanjaar groepfoto’s geneem nie, maar groepe is wel uit die individuele foto’s saamgestel. Dié foto’s behoort outomaties te verskyn by die bestelopsies. 
  • Kan ek ná die sperdatum nog foto’s bestel?
    – Ja, maar die bestelling sal ongelukkig nie by die skool afgelewer kan word nie en mag moontlik ekstra onkoste insluit.
Kontakinligting: Prestige Photographic

Tel: 021 930 4883

ct@prestigephoto.co.za