Kersafsluiting: Kyk regstreeks saam

Bloemhof is hierdie jaar weer bevoorreg om ons Kersafsluiting in die Moederkerk aan te bied. Vanweë ons COVID-protokol kan ons ongelukkig nie die kerk volpak nie, en slegs ‘n beperkte getal ouers kan toegelaat word. Senior leerders van die koor en orkes se ouers kry voorkeur en kan deur hul dogter vir ‘n toegangskaartjie vra. Sonder ’n toegangskaartjie sal u ongelukkig nie toegelaat word nie.

Die diens word egter ook regstreeks vanuit die kerk uitgesaai. Skakel gerus môre (5 November) vanaf 10:50 via die volgende skakel in om deel van dié spesiale geleentheid te wees: bit.ly/Kersafsluiting2021