Nuusbrief – Bloemhof Brokkies 29 Oktober 2021

Ons tweede laaste nuusbrief vir die jaar is nou beskikbaar.

Daar is verskeie berigte wat deur ons leerderverslaggewers geskryf is, onder meer oor Uitstapdag en ons atletiekseisoen.

Hierdie week deel ons ook baie foto’s – Emeri Botes (gr. 8) se foto van Uitstapdag pryk op die voorblad – en daar is foto’s van die “nuwe matrieks” wat hierdie week Pretdag gevier het.

In ons reeks oor die skool se verskeie verenigings fokus ons op JIB.  Ons gee ook die reëlings vir volgende week se Kersafsluiting deur.