Swem: Vryslag- en Borsslagvaardigheidprogram

Lane Leader, Bloemhof se sportvennoot wat vanuit die Bloemhof-swembad ons swemmers afrig, bied oor die volgende ses weke (29 Okt – 3 Des) op Vrydagmiddae tussen 13: en 14:20 ‘n gefokuste program aan vir meisies wat hul Vryslag- en Borsslag-swemvaardigheid en selfvertroue in die water wil verbeter.  Die Lane Leader-span se ervare afrigters sal in klein groepies (maksimum vyf swemmers) individuele aandag aan elke swemmer kan bied om hierdie program se leerervaring sterk tuis te bring.  

Die programkoste is R870 per swemmer en inskrywings kan by https://forms.gle/WtCW5JrGjuPD8okD6  gedoen word.                                             

Enige navrae kan aan info@laneleader.co.za gerig word.