Nuusbrief | Bloemhof Brokkies 22 Oktober 2021

In hierdie week se nuusbrief:

Ons prysuitdeling is ons hoofstorie hierdie week en Anaïs Herman en Tia Bruwer pryk op die voorblad. Lees op bladsy 3 meer oor die pryse wat dié twee matrieks ontvang en van die ander spesiale pryse wat toegeken is. Die volgende vereniging wat in die kollig is, is Phoenix. Alet Hitge, een van ons leerderverslaggewers, berig daaroor. In nóg ’n leerderstorie vertel Anne van Zyl van die onlangse noodhulpkursus en Marianna Jonker beeld die leerders se gretigheid om te help, in ’n spotprent uit. Ons berig ook kortliks oor Vera van der Merwe (gr. 8) en haar Ekspo-projek wat vanjaar met volerekleure vereer is.