NUUTSTE BYVOEGINGS (DINSDAG 19 OKTOBER | 15:10)
Leerders wat pryse ontvang en môre (Woensdag) afwesig is, se ouers moet vóór 08:00 ’n e-pos vir me. Ilze Wright (ilze@bloemhofschool.co.za) stuur. Leerders wat sonder rede afwesig is, sal ongelukkig hul pryse verbeur.
Pryswenners tree om 11:15 in die vierkant by die visdammetjie aan; die graadhoofde sal hulle daar ontmoet.
___
Oorspronklike plasing:
PRYSUITDELING: KYK REGSTREEKS SAAM
Ons prysuitdeling vind Woensdag plaas en byna 400 Bloemhoffers word vir hul prestasies vereer. Spesiale pryse, insluitende die Bloemhofbondprys en die Elize Coetzee-prys, word tydens die geleentheid toegeken. Dit word regstreeks uitgesaai sodat ouers en vriende via YouTube kan saamkyk:
- Woensdag 20 Oktober 2021 vanaf 12:00 in die Sentrum
- Kyk saam by bit.ly/prysuitdeling21regstreeks
WOENSDAG: DAGPROGRAM
Leerders trek Woensdag hul winteruitstapdrag aan en volg Dag 3 periode 2-4. Daar is nie ’n toetsperiode nie en leerders wat nie pryse ontvang nie, mag dan verdaag.
LAASTE KANS VIR INDIVIDUELE FOTO’S
Leerders wat op fotodag (3 Augustus) én tydens die tweede geleentheid (2 September) afwesig was, het een laaste kans om ’n individuele foto vir die jaarblad te laat neem.
- Pryswenners kan hul foto laat neem sodra hulle oor die verhoog gestap het (kyk uit vir die fotograaf). Dra jou volledige winteruitstapdrag.
- Leerders wat nie by die prysuitdeling betrokke is nie, maar steeds ’n individuele foto wil laat neem, ontmoet mekaar om 11:40 voor die gimnasium. Dra jou volledige winteruitstapdrag.