Matriekuitslae 2021: Provinsiale toekennings

Die skoolhoof, me. Wilna van Heerden, deel die volgende boodskap in verband met die matriekuitslae van 2021.

Matriekuitslae 2021: Provinsiale toekennings

 

Ouers en belangstellendes wat jaarliks die WKOD-toekennings dophou, word daarop gewys dat die kriteria verander het.

 

Uitnemendheid word nie meer op grond van hoogspresterende skole toegeken nie, maar die kriteria sluit nou veral die grootte van die graadgroep in. Bloemhof is ‘n medium tot klein skool, gevolglik is die waarskynlikheid om te kwalifiseer, skraal. A-simbole tel slegs 10% van die nuwe vereistes om die Top 20-lys te haal.

Vergewis uself van die kriteria om in die vakansie ingeligte gesprekke hieromtrent te kan voer.

 

OMSENDSKRYWE 0057/2021

BYLAAG A