Terugkeer van leerders: 30 Aug 2021

Van Maandag, 30 Augustus kan alle leerders wat nie in isolasie is nie en nie enige simptome toon nie, weer terugkeer skool toe en inwoners van Huis Bloemhof is reeds ingelig wanneer hulle mag terugkeer. Ons buitemuurse aktiwiteite bly egter gestaak.

BELANGRIK: 

GEEN LEERDERS MET SIMPTOME (LOOPNEUS, HOOFPYN, VERKOUE) MAG TERUGKEER NIE. Dit is belangrik om die verspreiding van die virus te verhoed.

Program vir Maandag, 30 Augustus 2021

  • Leerders meld soos altyd in die Sentrum se foyer aan. Leerders wat uit isolasie terugkeer, kan ook hier by me. Kruger inteken, maar moet eers inteken voordat hulle na hul registerklasse gaan.
  • In periode 3 (Saal) skryf die graad 8’s en 9’s toets; graad 10-12 volg Dag 7 periode 3.
  • Maandag sal periode 7 (Kultuurperiode) en periode 4 omruil sodat die inhuldigingseremonie tussen 10:45 en 11:30 kan plaasvind. Leerders gaan dus ná eerste pouse na registerklasse en volg ná tweede pouse Dag 1 periode 4. Die skool verdaag gevolglik Maandag om 14:20.
  • Die inhuldiging van die leerderleiers en aankondiging van die hoofleiers en huiskapteine kan by bit.ly/live30aug2021 gekyk word.