Reëlings vir die week 23-27 Aug 2021

Baie dankie aan ons ouers en leerders wat aktief help om die COVID-situasie by Bloemhof te bestuur. Die skoolhoof, me. Van Heerden, deel die onderstaande reëlings vir die res van die week met u.

Ons doen egter ’n baie ernstige beroep om ouers/voogde om steeds enige positiewe COVID-gevalle en / of isolering weens moontlike blootstelling aan die skool te kommunikeer. Vir enige navrae, kontak me. Elana Kruger by elana@bloemhofschool.co.za.