Nuutste inligting ivm staking van sport

Ná die aankondiging gister dat kontaksportsoorste gestaak moet word, is meer duidelikheid ontvang oor watter sportsoorte as kontak, semi-kontak en nie-kontak geklassifiseer word. Hokkie word as ’n kontak- en netbal as ’n semi-kontaksportsoort beskou.

In die lig hiervan, en weens die buitengewoon swaar reën, word ons sportprogram vir die res van die week opgeskort. Geen oefeninge of kondisionering sal dus vanmiddag plaasvind nie.

Meer inligting oor die sportprogram vir volgende week sal in môre se nuusbrief gekommunikeer word.