Huis Bloemhof: Omruil van uitnaweke

Op die jaarprogram word die naweek van 11-13 Junie as ‘n uitnaweek aangedui. Weens praktiese redes is daar besluit dat 11-13 Junie ‘n gewone naweek vir koshuisleerders sal wees – diegene wat wil inbly, mag so maak. Dit word veral gedoen omdat daar daardie Vrydag en Saterdag hokkie- en netbalwedstryde teen La Rochelle geskeduleer is.

In die daaropvolgende week is Woensdag, 16 Junie 2021, ‘n vakansiedag. Die Donderdag en Vrydag word as blokdae op die jaarprogram aangedui sodat leerders tuis kan voorberei vir die toetsweek wat daarna begin. Dit maak dus net meer sin dat die naweek wat daarop volg, 18-20 Junie 2021, eerder ‘n uitnaweek vir die koshuis sal wees. Leerders van ver kan dan ook ‘n paar dae meer by die huis spandeer.

Die koshuis sal dus op Dinsdag, 15 Junie 2021, om 18:00 sluit en weer op Sondag, 20 Junie 2021, om 14:00 open sodat koshuisleerders kan terugkeer.