Die volledige sportuitslae vir die week van 12-18 April kan HIER afgelaai word.

Die Bloemhof o.19A’s het Woensdag 14 April ’n oefenwedstryd teen ’n Bloemhof Old Girls-span gespeel en 1:0 gewen. Dit was ’n spesiale afsluitingswedstryd ter viering van mnr. Johan Jacobs, die spanbestuurder, wat ná sewe jaar die span groet. Tydens die hokkiewedstryde teen Rhenish wen die Bloemhoffers sewe van die 10 wedstryde. 

Dit was ’n besige netbalweek: die Bloemhof Fairtree o.16’s, o.17’s en o.19’s se A- en B-spane het aan ’n voorseisoentoernooi in die Paarl deelgeneem en die o.15A’s en -B’s het in die eerste Bloemhof Fairtree Prestige Netbaltoernooi gespeel .Verder wen die Bloemhoffers al veertien netbalwedstryde teen Rhenish.