Matriekuitslae 2020

Amper een uit elke twee leerders slaag met ’n A-simbool

63 van die Hoër Meisieskool Bloemhof se 130 NSS-eksamenkandidate het met ’n gemiddelde A-simbool geslaag – dit is 48,5% van die klas.

 

Leerders kon op 23 Februarie hul uitslae by die skool kom afhaal en was verheug om te hoor dat Bloemhof weer ’n 100%-slaagsyfer het. Boonop het 128 van die 130 leerders toegang tot graadstudies gekry.

 

Sibbie Smith, met ’n gemiddeld van 95,17%, is 2020 se Dux-leerling, terwyl Cimòn van der Westhuizen slegs ’n haarbrede, op 95,00%, die tweede klasposisie beklee.

 

Een leerder, Karli van den Berg, het met 8 A’s geslaag, terwyl 34 leerders met 7 A’s, 15 met 6 A’s, 12 met 5 A’s en 10 met 4 A-simbole spog.

 

Bloemhoffers het ’n totaal van 548 A’s ingepalm – ’n gemiddel van 4,215 onderskeidings per leerder.

 

Die 63 A-kandidate het op 1 Maart, tydens ’n spesiale seremonie, elk ’n pêrelhangertjie ontvang. Een van die leerders, Rochelle Pienaar, kon nie die geleentheid bywoon nie en het haar ouma, me. Brieta Roux – ’n oudbloemhoffer wat in 1948 gematrikuleer het – gevra om die hangertjie namens haar te ontvang.

 

’n Opsomming van Bloemhof se matriekuitslae is as volg:

  • 100% slaagsyfer – 130 van 130 kandidate slaag
  • 5% matrikulasievrystelling – 128 van die 130 kandidate
  • 63 van die 130 kandidate (48,5%) slaag met ’n A-simbool
  • 22 leerders behaal ’n gemiddeld van 75-79%
  • 106 van die 130 kandidate (81,5%) slaag met ’n B-simbool of hoër
  • Graadgemiddeld: 78,5%
  • 548 A’s oor 22 vakke (’n gemiddeld van 4,2 per kandidaat)
  • 13 van die 22 vakke het vakgemiddelde bo 80%
  • 17 van die 22 vakke het vakgemiddelde bo 75%
  • 21 van die 22 vakke het vakgemiddelde bo 70%
  • 1 leerder – Karli van den Berg – slaag met 8 A’s
  • 34 leerders slaag met 7 A’s
  • 15 leerders slaag met 6 A’s
  • 12 leerders slaag met 5 A’s
  • 10 leerders slaag met 4 A’s