Handboeke vir graad 9’s en 11’s

Afhaal van handboeke vir graad 9’s en graad 11’s

Graad 8-leerders ontvang reeds in die verwelkomingsweek hul skooltasse en -boeke en graad 10’s en 12’s sal hul handboeke vir 2021 op Maandag, 15 Februarie ontvang. 

Graad 9’s en 11’s mag vanaf vandag tot Vrydag (10-12 Februarie) tussen 12:00 en 13:30 hul handboeke by kamer 33 kom afhaal. Dit is egter nie verpligtend vir hierdie leerders om hul handboeke vroegtydig af te haal nie en leerders wat van ver af kom, kan hul handboeke op 22 Februarie kry en sal op alternatiewe maniere ondersteun word tydens e-leer. Neem kennis dat onderrig op 15 Februarie begin en dat  graad 9’s en 11’s dan op Google Classroom moet inskakel. Inligtingsessies sal vroegtydig deur graadhoofde gekommunikeer word.

Volg asseblief die volgende instruksies tydens die afhaal van handboeke:  (graad 9’s en graad 11’s)

  • Ouers moet asseblief steeds soos per die COVID-protokol buite die skool stop. 
  • Leerders stap in en gaan direk na Little Britain (die Engelsklaskamers) – gebruik die ingang naaste aan die gimnasium/swembad/koshuis. 
  • Leerders se temperatuur sal deur die registerpersoneel gemeet word. 
  • Leerders behou sosiale afstand terwyl hulle na kamer 33 beweeg om hul handboeke te kry. 
  • Sodra leerders hul handboeke ontvang het, moet hulle dadelik terug na die motors beweeg en nie op die terrein vertoef nie.