Heropening van skool en Klerebank

Ons wens graag al ons leerders en ouers ’n vreugdevolle 2021 toe! ‘n Spesiale welkom aan ons nuwe Graad 8’s en hul ouers.

Die 2021-skooljaar is ongelukkig reeds deur COVID-19 en Vlak 3-inperkings geraak en amptelike kommunikasie oor die heropening van die skool sal volg sodra dit beskikbaar is.

In hierdie stadium gee ons graag die volgende deur:

1) Die skool sal NIE op Woensdag, 27 Januarie 2021 vir leerders heropen nie.

2) Die Klerebank moet ongelukkig ook tot verdere kennisgewing gesluit bly.

Hou gerus van volgende week af die d6 en die webwerf se digitale kennisgewingbord (www.bloemhofschool.co.za/kennisgewings) dop.