Alle ouers word gevra om vir die Algemene Jaarvergadering te RSVP. Kennisgewing van die AJV is HIER beskikbaar en bywoning moet via ’n Google Form (by die skakel hier onder of direk by bit.ly/BloemhofAJV) aangedui word.
- Maandag, 23 November
- 17:30
- HMS Bloemhof
Slegs ouers wat die vorm voltooi en aandui dat hulle die vergadering kan bywoon, sal op die skoolgronde toegelaat word. Die COVID-protokol moet streng nagevolg word en sal aan die ouers wat RSVP, aangestuur word.