Klankgreep: A Cappella-sanggroep

Bloemhof se A Cappella-sanggroep kon weens COVID-19 nie vanjaar saam oefen nie, maar onder leiding van me. Marijke Roos het die lede een-een geoefen en opnames vir haar gestuur.

Die eindproduk? Hierdie pragtige weergawe van “In die hemel is die Heer.”

Mnr. Leon Piron was vir die finale meng verantwoordelik.