Klasrooster: 2-6 November 2020

In die week van 2 tot 6 November sal alle graad 8- tot 11-leerders kontaktyd met opvoeders hê. ’n Klasrooster vir die week is nou beskikbaar en leerders word op die volgende gewys:

  • Maandag, Woensdag en Vrydag se rooster is dieselfde; Dinsdag en Donderdag se rooster is dieselfde
  • Klasse vind in die betrokke opvoeder se klas plaas tensy daar in hakies ’n nommer aangedui word – dr. Geldenhuys se klasse sal bv. in K. 9 plaasvind en musiekklasse meestal in K. 7.
  • Periode 7 (13:45-15:00) is steeds vir kontaktyd beskikbaar en leerders word aangemoedig om afsprake by hul opvoeders te maak.