Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Hoofleiers is ook beste vriendinne

Augusta-Mari Dercksen en Tia Bruwer – Bloemhof se hoofleiers vir 2020/21. Foto: verskaf

Bloemhof se nuwe hoofleiers, Tia Bruwer en Augusta-Mari Dercksen, is reeds van kleintyd af beste maats.

“Ek weet nie vir wie was ek blyer nie – vir my, vir Augusta of vir ons twee saam!” sê Tia, wat tydens die skool se jaarlikse inhuldigingseremonie op 23 September gehoor het sy is 2020/21 se nuwe hoofdogter. Augusta-Mari is as die adjunk-hoofdogter aangewys.

Ek weet nie vir wie was ek blyer nie – vir my, vir Augusta of vir ons twee saam!

Tia Bruwer, hoofdogter 2020/21

Tia en Augusta-Mari ken mekaar al van “die dag wat ek my oë oopgemaak het – saam het ons leer sit, kruip en lees,” meen Tia. “My hart loop oor van dankbaarheid en trots. Hierdie jaar is dit álles vir Bloemhof, dít belowe ek!”

Tia (links) en Augusta-Mari voordat hulle “na die groot skool” toe is. Foto: verskaf

Augusta en Tia – steeds beste maats in Laerskool Eikestad. Foto: verskaf

Vir Augusta-Mari is dit “soos ’n droom wat waar geword het” om een van die skool se hoofleiers te wees. “En dit saam met iemand wat al vir 17 jaar deur dik en dun ’n kleintyd-maatjie, ’n  vriendin en vertroueling is.” Sy sê dat sy uitsien om die HMS Bloemhof op hierdie manier saam met Tia te dien.

Die nuwe VRL se eerste amptelike vergadering vind op 7 Oktober plaas. Hulle sal aan die einde van die kwartaal saam op ’n visie en missie vir hulle termyn besluit.

Tia en Augusta saam met hul ouers – Tertius en Antoinette Bruwer en Elizma Dercksen. Foto: Stephan Meyer