Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Nita, Zara & Nichola onder top 20 in toneelkompetisie

Nichola Viviers (heel voor) in ’n toneel uit buite.buite.buite. wat verlede jaar die ATKV-Tienertoneel se finaal gehaal het. Foto: Stephan Meyer

Drie Bloemhoffers, Nita de Jager (gr. 11), Zara van der Westhuizen (gr. 11) en Nichola Viviers (gr. 12), is vanjaar onder die top 20-deelnemers in die ATKV Tienertoneelkompetisie.

Weens die imperkingsregulasies kon dié gewilde toneelkompetisie nie vanjaar sy tradisionele buiging op die verhoog maak nie, maar toneelliefhebbers kon wel vanjaar hulle penne optel en lewe aan karakters gee.

Deelnemers is uitgedaag om hul liefde vir toneel te bevorder deur nuutgeskrewe monoloë binne ’n voorgeskrewe tema-wolk (huis, isolasie, ingeperk, staties, alleen) in te skryf en dit dan voor ’n kamera te vertolk.

Nita se monoloog is getiteld “Lockdown is ’n droom”, terwyl Zara “Ek is alleen” geskryf het. Die titel van Nichola se stuk is “Bonuspunt/(Miss)ogyny”. Hulle skaaf steeds aan dié stukke en vorm deel van ’n mentorprogram waar die beoordelaars, wat groot name in die bedryf insluit, konstruktiewe terugvoer verskaf.

Volgens die ATKV het 223 deelnemers regoor Suid-Afrika ingeskryf met die top 10 wat op 16 Oktober aangewys word. Die finaal sal in November plaasvind.

Nita de Jager in ’n toneel uit buite.buite.buite.
Foto: Stephan Meyer

Zara van der Westhuizen vertolk die rol van ‘n skoolhoof by die prysuitdeling in dié toneel uit Uhm
wat in 2019 opgevoer is. Foto: Stephan Meyer

Nichola Viviers, ook in ’n toneel uit Uhm.
Foto: Stephan Meyer