Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Lane Leader Swemakademie open

Pierre de Roubaix is aan die stuur van die Lane Leader Swemakademie. Foto: Stephan Meyer

’n Nuwe venootskap tussen die Lane Leader Swemakademie en die Hoër Meisieskool Bloemhof  beloof om “soos ’n vis in water” te wees en die swemprogram en –profiel te verhef, nie net by Bloemhof nie, maar ook in Stellenbosch as geheel. Hiermee saam word die opgradering van die swembad in die vooruitsig gestel wat verhitting en onderdak wintergeriewe insluit.

Dié samewerkingsooreenkoms bring die beste van swem, in vorm van Lane Leader en Speedo, na een van die voorste meisieskole in Suid-Afrika. Die Lane Leader-afrigtingspan, onder leiding van die Olimpiese afrigter Pierre de Roubaix en Keith Jansen, spog met meer as 40 jaar se ervaring tussen die twee van hulle. 

As ’n vlak 4 Meesterafrigter beskik De Roubaix oor die hoogste afrigtingskwalifiksie in Suid-Afrika. Hy het reeds verskeie Olimpiese en Paralimpiese swemmers tot groot sukkesse gelei, onder meer as medaljewenners by junior wêreldkampioenskappe, Statebondspele en Paralimpiese Spele.

Lane Leader is nie net toegespits op hoë prestasie-afrigting nie, maar bied uitgebreide ervaring as dit by atleetontwikkelling kom. Swem as oefening vir ’n gesonde lewenstyl en as deel van multi-sportdissipline kom ook onder die loep. “Ons langtermyndoelwit is die ontwikkeling van atlete deur veral jong swemmers na die hoërskool- en seniorprogramme te bring,” sê De Roubaix.

“Ons vennootskap met Lane Leader bied nuwe diepte in terme van afrigting en toewyding aan Bloemhof se swemprogram,” sê Jenny King, sportbestuurder (hoë prestasie sport en –beplanning) by Bloemhof. “Pierre en sy Lane Leader-afrigters bied internasionale kundigheid en ons is baie opgewonde oor die nuwe rigting waarin ons swem as skoolsportsoort wil neem.”

Uiteindelik is dit nie net een skool nie, maar die groter gemeenskap wat by Lane Leader kan baat, aldus De Roubaix.