Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Kaela eindig onder top 20 in Wiskundekompetisie

Kaela de Villiers in die Wiskundeklas. Foto: Stephan Meyer

Kaela de Villiers (gr. 11) het vanjaar vir Die Burger se Wiskundekompetisie ingeskryf en op 29 Mei vanjaar aan ’n aanlyn-uitdunrondte deelgeneem. Die finaal, op 31 Julie, was ook aanlyn, maar is via die videokonferensiediens Zoom gedoen. “Dit was glad nie soos die tipiese wiskunde wat ons in die klas doen nie en ’n mens moes behoorlik dink voor jy antwoord,” sê Kaela, wat onder die top 20-deelnemers geëindig het.

“Wiskunde is ’n goeie vak om te neem, want dit leer jou hoe om buite die boks te dink, nuwe invalshoeke raak te sien en probleme stapsgewys op te los,” meen sy. “Ek is boonop mal oor ’n uitdaging en wiskunde het tot die mag n daarvan.”

Veels geluk, Kaela!