Gr. 9-vakkeuses: Kuns as vak in graad 10-12

Alle graad 9’s wat in 2021 (vanaf graad 10) Visuele Kunste of Ontwerpkuns as vak wil neem, sal ’n toelatingstoets moet aflê.

Alle huidige graad 9-kunsvakleerders wat volgende jaar met Visuele Kunste of Ontwerpkuns wil voorgaan, moet ook die toets aflê.

Reël asseblief ’n toetsdatum by 021-886-4854 – toetse word op enige Vrydag vanaf 28 Augustus tot 2 Oktober (15:00-16:45) aangebied. Bring asb. jou volledige potloodsakkie saam.

Leerders word almal vir kuns toegelaat, die toets bepaal net die praktiese en teorie-komponent.

Leerders kan dus reeds by die skool se vakkeuses aandui dat hulle kuns as vak gaan neem.