Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Anaïs onder SA se bestes in RTT

Anaïs Herman in die RTT-klas. Foto: Stephan Meyer

Anaïs Herman, ’n graad 11-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het aan die begin van 2020 besluit om Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) as vak te neem en kans gesien om aan die RTT-olimpiade deel te neem. Nie net het sy die eerste rondte maklik geslaag nie, maar in die tweede rondte onder die top 3-deelnemers in die Wes-Kaap geëindig en op Saterdag, 22 Augustus aan die nasionale finaal deelgeneem.

 “Dit was baie moeiliker as wat ek gedink het dit gaan wees,” sê Anaïs, wat een van slegs 11 deelnemers in die finaal was. Ten spyte van die uitdaging het sy ’n brons medalje verower nadat sy nasionaal in die top 6 en eerste in die Wes-Kaap geëindig het.

Veels geluk, Anaïs!