COVID-19 toetse en selfisolasie

Dit het onder ons aandag gekom dat toetsing vir COVID-19 nie meer gebeur soos vroeër gekommunikeer is nie. In die lig hiervan, bring ons die volgende onder ons ouers en leerders se aandag:

  • PathCare en die ander laboratoriums doen vanaf 6 Julie beperkte Covid-19 toetse sodat hul toetsvermoë vir kwesbare pasiënte volhoubaar kan wees.
  • In hierdie stadium kan slegs individue onder die ouderdom van 55 met sekere komorbiditeite getoets word terwyl ander jonger individue gevra word om selfisolasie toe te pas.
  • Leerders wat in direkte kontak met ’n Covid-19 persoon was, sal dus nie meer  getoets kan word nie. ’n Plaaslike dokter het daarop gewys dat nie net Covid-19 die simptome van byvoorbeeld koors, hoofpyn en hoes het nie en deur met algemene praktisyns of plaaslike klinieke te konsulteer, kan ook ander ernstige infeksies, bv. breinvliesontsteking, betyds gediagnoseer word.
  • Ons wil ouers dus aanmoedig om wel hul huisarts te raadpleeg indien hul dogter (tydens selfisolaise) siek voel sodat ’n diagnose en behandeling deur ’n kundige bepaal kan word.
  • Die prosedure vir leerders wat moontlik in kontak met ’n COVID-19 persoon gekom het, is gevolglik aangepas om hierdie nuwe inligting in te sluit.