Herinnering: Aflaaiprotokol

Met die terugkeer van meer leerders, is dit baie belangrik dat ouers/voogde die protokol soggens volg. Die veiligheidspan wil leerders so vinnig en veilig as moontlik ontvang en ’n oponthoud van voertuie keer, daarom is dit nodig dat die verkeer langs die Sentrum sal bly vloei.

INGANG EN UITGANG

Gebruik soggens slegs die KOSHUISHEK as ingang. Leerders word langs die Sentrum afgelaai en die HOOFHEK dien as uitgang vir voertuie.

RY STADIG EN WEES GEDULDIG

Ry asb. stadig op die skoolgronde – leerders wat buite die hekke afgelaai word, stap oor die plaveilsel na die Sentrum. Wees geduldig as daar ander voertuie voor u is.

GEEN PARKERING

Leerders wat langs die sentrum afgelaai word, moet vinnig uitklim en ouers moet dadelik vertrek. Moet asb. nie parkeer nie, veral nie as dit lyk of daar parkeerplek is nie. Ouers wat wil parkeer, kan buite die skool in Kochstraat stop.

Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.