Graad 12-leerders sal volgende week ’n spesiale toetsweek hê waarin asseserings sal plaasvind. Die rooster kan HIER afgelaai word.
- Gedurende die toetsweek kom die graad 12’s slegs skool toe indien hulle daardie dag ’n toets skryf.
- Graad 12’s meld tydens die toetsweek weer by die sentrum aan, maar sifting vind eers vanaf 07:40-08:10 plaas.
- Leerders kan daarna na die skryflokale (soos op die rooster aangedui) beweeg.
- Die toets begin elke oggend amptelik om 08:30 en duur ‘n uur, behalwe vir Lewenswetenskappe wat 70 minute en Wiskunde en WG wat 75 minute skryf.
- Na afloop van die toetse gaan graad 12’s huis toe.