Geskiedenisolimpiade 2020

Leerders van graad 8 tot 12 is welkom om vir die eerste FAK Geskiedenisolimpiade in te skryf. Die aanlyntoets word in Augustus geskryf en bestaan uit drie afdelings:
  1. Afrikaanse taalgeskiedenis
  2. Afrikanergeskiedenis
  3. Westerse geskiedenis
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Julie: http://olimpiade.fak.org.za/skryf-in/.
 
Inskrywings is verniet en alle deelnemers ontvang ’n deelnemersertifikaat. Leerders wat 80% of meer behaal, ontvang ’n medalje en dring deur na rondte 2. Die algehele wenner ontvang R10 000, terwyl die tweede prys R5 000 en derde prys R2 500 is.
 
Bronne ter voorbereiging vir die olimpiade is by http://olimpiade.fak.org.za/bronne/ beskikbaar.

Kontak vir me. Anneke van der Merwe met enige navrae: anneke@bloemhofschool.co.za.