Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Matrieks terug by die skool

Ten spyte van die onsekerheid oor of skole op 1 Junie 2020 wel sou open, was 117 van die HMS Bloemhof se 131 matrieks op die eerste dag ná die inperking in die klas.

 

“Ons leerders is regtig positief om terug te wees,” sê me. Louise Joubert, graad 12-graadhoof. “Vir hulle was die kontak met hul maats en opvoeders die ding waarna hulle die meeste verlang het.”

Matrieks tree op Maandag, 1 Junie buite die Sentrum aan. Foto: Stephan Meyer

Carmen Jansen van Vuuren beaam dit. “Dit was eintlik glad nie so scary soos wat ek gedink het dit gaan wees nie,” sê Carmen Jansen van Vuuren. “Die onderwysers is baie ondersteuned.”

’n Streng protokol word soggens gevolg waar die leerders se temperatuurlesing geneem word voordat hulle na hul klasse kan gaan. “Geen van die leerders het vanoggend enige simptome getoon nie gevolglik is niemand afgesonder nie,” sê mnr. Piron, wat lid van die skool se veiligheidspan is. Leerders en ouers het verlede week ’n deeglike inligtingsdokument ontvang waarin die protkol breedvoerig verduidelik word.

Lisa Kruger voor die plakkaat wat die Matrieks opgehang het – hulle leuse vir 2020 is “own every second”. Foto: Stephan Meyer

Ilanie Boonzaaier en Cara Schreuder behou hul sosiale afstand in die Mediateek. Foto: Stephan Meyer

Tydens eerste pouse het elke leerder ’n roos ontvang terwyl hulle deur die opvoeders toegejuig is. Dit het klaarblyklik baie vir die leerders beteken. “Ons was baie gespanne toe ons vanoggend hier aangekom het,” sê Carmen, “maar die graad se gemoed was fantasties toe ons na die laaste periode uitgestap het.”

Werk word steeds vir die graad 12-leerders, net soos vir die ander grade, aanlyn geplaas, maar dit is vir Bloemhof belangrik dat hulle matrieks skool toe kom.  “Vandag het ek weer besef dit is vir die leerders belangrik om aan gesprekke in die klas deel te neem,” meen me. Joubert. “Om goed in die klasse te bespreek, help die leerders om krities oor die vakinhoud te dink en dit is iets wat baie moeiliker gebeur as jy op jou eie werk.”

Melvina Linders met een van die rose wat aan die leerders uitgedeel is. Foto: Stephan Meyer

Volgens die Departement van Basiese Onderwys keer graad 10- en 11-leerders op 6 Julie terug skool toe, terwyl graad 8’s en 9’s op 3 Augustus inval. Hierdie datums is egter nog nie amptelik deur die skool aan die leerders gekommunikeer nie en e-leer gaan soos normaal voort.

’n Spesiale kuberkol is buite die Sentrum beskikbaar vir graad 8-11’s wat nie voldoende toegang tot die internet tuis het nie. Leerders se ouers kan hulle dus skool toe bring om die nodige werk gratis af te laai.

Leerders dra maskers in die klas en banke is uitmekaar geskuif vir voldoende sosiale afstand. Foto: Stephan Meyer

Mnr. Eon Venter dra ’n plastiekskerm in die klas. Foto: Stephan Meyer