Graad 9 Ekspo: Inhandiging van finale verslag, Maandag 1 Junie 2020
- Slegs die finale verslag word in EEN dokument ingehandig. Die stappe moet logies op mekaar volg soos wat dit in die opdrag uiteengesit is.
- E-pos die verslag aan jul MENTOR. Die mentor is nie verantwoordelik om die verslag bymekaar te sit indien los dele soos foto’s, resultate ens. gestuur word nie. Geen inligting moet in ‘n WhattsApp boodskap gestuur word nie.
- Die amptelike dokumente-lêer en rofweg-lêer moet nie gestuur word nie.
- Vorige stappe wat ingehandig is, kan nie meer verbeter word nie.
- Terugvoering en assesering sal eers gegee word wanneer die graad 9’s weer terug by die skool is; dié datum is nog nie bekend nie.