’n Amptelike inligtingsdokument in verband met die terugkeer van leerders, die veiligheidsregulasies en die protokol wat gevolg moet word, is nou beskikbaar. Ouers, leerders en personeel word gevra om dit asb. sorgvuldig te lees sodat hulle weet wat van hulle verwag word.
Slegs die graad 12-leerders keer op Maandag, 1 Junie terug skool toe. Ander leerders sal graadgewys terugkeer en die terugkeerdatums gekommunikeer word sodra dit beskikbaar is.
E-leer sal voorlopig vir graad 8-11 voortgaan en opvoeders is, soos altyd, via e-pos beskikbaar.
Die HMS Bloemhof is dankbaar vir almal se begrip en samewerking.