Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Prys vir Wiskundedepartement

Met akademie wat tydens vlak 4 van die inperking voortgaan, het Bloemhof se Wiskundedepartement prys ontvang vir die manier waarop hulle werk tydens die inperking hanteer.

Die volgende boodskap is van me. Jessie Bester ontvang:

Ek help vier Bloemhof-dogters met ekstra Wiskundelesse. Ons het alreeds twee weke na die sluiting van die skole begin om skouer aan die wiel te sit.
Ek volg slaafs die werkrigting van die onderwyseres in bevel en is regtig baie baie beïndruk met die wyse waarop Bloemhof hierdie hele aangeleentheid hanteer.
Die hele proses is deeglik beplan en die kinders is vir geen oomblik in die duister gelaat oor waarnatoe hul op pad is en wat hul moet doen nie. Die keuse van oefenstof is, wat my betref, baie briljant gedoen.

Dra asb. my gelukwense aan die Wiskundedepartment oor. Hul staan kop en skouers uit bo ander skole wat ook my pad gekruis het.