Akademiese werk vir volgende week

Me. Wilna van Heerden deel graag die volgende kennisgewing:
 
Vanaf Dinsdag 28 April tot Maandag 4 Mei sal die leerders geen nuwe opdragte of tuiswerk ontvang nie. Ons wil graag dat almal die week gebruik om op datum te kom, werk waarmee gesukkel word onder die knie kry of net ’n blaaskansie neem.
 
Die opvoeders sal, soos altyd, beskikbaar wees om die leerders elektronies by te staan indien hulle hulp verlang.
 
Ná die vakvergaderings op DV 4 Mei, sal die leerders weer hulle akademiese program ontvang.
 
Baie dankie vir elkeen se samewerking.

Lewer kommentaar