Interne ekspo vir graad 9’s

Die volgende boodskap van me. Ertru Hattingh word onder die aandag van alle graad 9-leerders gebring:

Die leerders moet asseblief voortgaan met die finalisering van hul Ekspo. Dis te verstane dat sommige leerders gaan sukkel om hul finale eksperimente af te handel of data in te  samel – pas asseblief dan die bespreking en gevolgtrekking van die Ekspo aan en verduidelik wat jy sou verwag van die resultate. Dit sal in aanmerking geneem word.

Leerders moet by die sperdatums vir inhandiging van die afdelings hou. E-pos asseblief die inligting aan jou mentor. Die Ekspo sal steeds as ’n formele assesering tel.

Bloemhof se Interne Eskpo Uitstalling op 7 Mei gaan as gevolg van die COVID-19 pandemie nie meer plaasvind nie. Dit bly egter die datum waarop die finale, volledige verslag ingehandig moet word.

Die Streeksekspo-organiseerders beplan steeds om die Streeksekspo op 30 en 31 Julie te hou. Ons sal steeds leerders  vir die Streeksekspo inskryf, daarom is dit belangrik dat leerders hul projekte betyds vir assesering inhandig. 
 
Leerders wat enige vrae oor die Ekspo het, moet asb. hul mentor via e-pos kontak:
 
 

Lewer kommentaar