Boodskap vir Rekenaarvaardighedeleerders

Graad 8- en 9-leerders wat Rekenaarvaardigheid as keusevak neem, word op die volgende boodskap van me. Betti Erasmus (vakhoof: Rekenaarvaardighede en RTT) gewys:

Daar is van julle wat aan die CodeSpace Koderingskurses deelgeneem het en word versoek om die projekte wat jy gedurende hierdie kurses gedoen het, te stoor om te wys sodra ons weer terug is by die skool. Indien jy nie aan die kurses deelgeneem het nie, kan jy gerus gaan rondspeel op Scratch, koderingsprogram wat tydens die kursus gebruik is.

Dames, julle is ook nou besig met aanlynonderrig en dus kry jy baie met die rekenaar en die tegnologie wat daarmee gepaardgaan, te doen. Gevolglik gaan daar in hierdie stadium geen nuwe rekenaartake aan julle gegee word tydens die Nasionale Inperking nie. 

Indien daar enigiets in dié verband verander, sal dit op die skool se webblad en via die d6 Connect gekommunikeer word.

Enige navrae kan aan me. Betti Erasmus by betti@bloemhofschool.co.za gerig word.