Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Hierdie blad dien as platform vir ouers, leerders en personeel om op hoogte te bly van hoe die COVID-19 Nasionale Inperking die skool raak.  Nuwer inligting sal eerste in die lys verskyn.

Wo. 28 Mei 2020 | 15:00

  • Die amptelike inligtingsdokument en protokol vir die terugkeer van leerders, is HIER beskikbaar.

Wo. 27 Mei 2020 | 16:45

  • Twee dokumente is nou vir die graad 12’s beskikbaar – laai gerus die BRIEF en die KLASROOSTER af.

Di. 26 Mei 2020 | 17:30

  • Sien asb. HIERDIE brief van die Beheerliggaam in verband met die stelselmatige heropening van die skool.
  • Wanneer leerders terugkeer skool toe, sal die dra van maskers verpligtend wees.  Lees HIER meer.

Vr. 8 Mei 2020 | 10:30

  • Graad 9’s: Laai die aangepaste asseseringsmatriks vir jou Ekspo-projek HIER af.  Die inhandingsdatum is Maandag, 1 Junie 2020.

Ma. 4 Mei 2020 | 12:00

  • Me. Wilna van Heerden deel ’n amptelike skrywe in verband met die stelselmatige heropening van die skool.  Lees die skrywe HIER
  • Graad 9’s: Die inhandigingsdatum vir jou ekspo is tot Maandag, 1 Junie uitgestel. Sien die volledige kennisgewing HIER

Di. 28 April 2020 | 09:30

  • Leerders word herinner om HIERDIE Google Form te voltooi sodat kontakbesonderhede ingewin kan word.

Vr. 24 April 2020 | 16:30

  • Leerders sal volgende week geen nuwe akademiese werk ontvang nie en kan die week gebruik om werk in te haal, moeilike werk onder die knie te kry of ’n blaaskans te neem. Opvoeders sal steeds elektronies beskikbaar wees.  Lees die volledige kennisgewing HIER

Wo. 22 April 2020 | 08:30

  • Leerders word gevra om HIERDIE Google Form te voltooi sodat kontakbesonderhede ingewin kan word.

Di. 21 April 2020 | 15:00

  • Laai ’n gids met wenke vir e-leer gratis HIER af.  Dit is op leerders én opvoeders gemik.

Ma. 20 April 2020 | 12:00

  • Die uitslae van verlede week se opname oor e-leer is HIER beskikbaar.

Vr. 17 April 2020 | 08:30

  • Graad 9’s:  Jou Ekspo-projek gaan voort en tel steeds vir formele assesering.  Meer inligting HIER.
  • Graad 8’s en 9’s met Rekenaars as keusevak:  Sien HIERDIE boodskap van me. Erasmus.
  • Leerders word herinner om die amptelike opname oor hul toegang tot voldoende e-leer voltooi.  Lees die kennisgewing HIER.  

Do. 16 April 2020 | 11:00

  • Leerders moet asb. ’n amptelike opname oor hul toegang tot voldoende e-leer voltooi.  Lees die kennisgewing HIER.  

Di. 14 April 2020 | 13:30 

  • ’n Spesiale video-boodskap van me. Wilna van Heerden is HIER beskikbaar.
  • Leerders, veral graad 11-leerders, moet kennis neem van vakveranderinge en die sperdatums wat daarmee gepaard gaan.  Meer inligting HIER.

Do. 9 April 2020 | 15:30 

  • Whatsapp-groepe vir Wiskunde – alle leerders moet asb. hiervan kennis neem.  Meer inligting HIER.

Ma. 6 April 2020 | 12:00 

  • WKOD-hulpbronne vir graad 12’s gedeel.  Meer inligting HIER.
  • Gratis “Intro to Coding” aanlynkursus vir alle leerders beskikbaar.  Meer inligting HIER.
  • Stellenbosch Unite doen ’n beroep op mense om hulle veldtog te steun.

Wo. 1 April 2020 | 10:00 

KENNISGEWING HIER BESKIKBAAR

  • Skool steeds gesluit, maar akademie gaan voort. 
  • Werk op Google Classroom beskikbaar. 
  • E-posadresse van personeel gedeel.