COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Kennisgewing vir graad 11-ouers: Matriekafskeid 2020

KENNISGEWING VIR GRAAD 11-OUERS


Baie dankie aan al die graad 11-ouers wat die briewe vir betrokkenheid by die Matriekafskeid voltooi het – die bereidwilligheid om betrokke te wees, word opreg waardeer!

Hier is ’n belangrike kennisgewing vir ouers wat betrokkenheid by dekor aangedui het:

 

Temavoorleggings vir Dekor:

 

Ouers en belangstellendes wat voorleggings vir die tema wil doen, sal versoek word om op Maandag 16 Maart 2020 om 18:00 ’n klein voorlegging vir ’n paneel aan te bied. Die paneel sal uit personeel wat by die funksie betrokke is, sowel as beskikbare ouers wat aangedui het dat hulle by die dekor-portefeulje wil inskakel, bestaan.

 

Die voorlegging kan in die vorm van ’n skyfievertoning, ’n “mood-board”, ’n aanlyn Pinterest-bord of enige ander visuele formaat wees.

 

Hou asseblief ingedagte dat die Stellenbosch-stadsaal ’n groot ruimte met verskeie kleiner areas is wat ook versier moet word. Na afloop van die voorleggings sal daar beraadslag word rakende die haalbaarheid van die konsep/tema binne die voorgestelde begroting.


Indien u belangstel om ’n voorlegging te doen, kontak  vir me. Elana Kruger (
elana@bloemhofschool.co.za) of  me. Lize Mentz (dekopje@iafrica.com) sodat verdere inligting as agtergrond voorsien kan word.

Lewer kommentaar