Groot gees by 4M 2020

Die huisleiers lei die atlete-optog tydens die 4M. Foto: Stephan Meyer

Drie punte…  Dit is die totaal wat nodig was vir die HMS Bloemhof om vanjaar weer ’n tweede plek by die jaarlikse 4M-atletiekbyeenkoms in te palm.  Met 381 punte teenoor die HMS Paarl se 383, is dit ‘n bittersoet derde plek, maar ten spyte hiervan is die Bloemhoffers se harte vol.

Die HMS La Rochelle, wat vir die grootste deel van die afgelope dekade hierdie gewilde atletiekkompetisie tussen die vier meisieskole in die Boland oorheers het, kon op 18 Februarie weer die beker inpalm, terwyl Girls’ High tweede en Bloemhof net-net derde was.  Rhenish, vanjaar se gasvrou, was vierde:

1. HMS La Rochelle: 448 punte
2. HMS Paarl: 383 punte
3. HMS Bloemhof: 381 punte
4. Rhenish GHS: 140 punte

Bloemhoffers het 42 keer in podiumposisies geëindig: 

  • 11 goud
  • 14 silwer
  • 17 brons
Zahni Smit (90mH o. 14)
Elle Olivier (diskus o. 15)
Anneken Viljoen (400m o. 19)

Zahni Smit is aangewys as die beste o. 14-baanatleet nadat sy dit kon regkry om die o.14-rekord vir die 90m-hekkies te ewenaar (13.50s), terwyl Elle Olivier as die beste o. 15-veldatleet aangewys is.  Sy het in die gewigstoot vir dogters o. 15 die eerste plek met ‘n afstand van 11.26m verower.

Anneken Viljoen, vanjaar se atletiekkaptein, het eerste plekke in die 400m, 800m en 1500m verower.  Sy stel ’n nuwe rekord in die 800m vir vroue o. 19 op (2:14.15s) en word as die byeenkoms se beste o. 19-baanatleet aangewys.

  • FOTO’S:  Kry nog foto’s van 4M HIER.  
  • KREET: Kyk die 4M-video HIER.

Leave a Reply