Bloemhof weer tops in Engels

Premier Alan Winde, me. Wilna van Heerden, me. Debbie Schäfer (LUR vir Onderwys) en mnr. Brian Schreuer (provinsiale hoof van die WKOD). Foto: verskaf.jpg

Die Hoër Meisieskool Bloemhof se medium van onderrig mag dalk Afrikaans wees, maar die Bloemhoffers wat in 2019 die NSS-eksamen in English Home Language afgelê het, kon dit met hope selfvertroue doen.  Vandaar dat Bloemhof met 82,8% deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) aangewys is as die skool met die hoogste prestasie in Engels Huistaal tydens verlede jaar se eindeksamen. Dis die tweede agtereenvolgende jaar wat dié eer Bloemhof – en in die besonder vir me. Suna Wiese – te beurt val.

“Ek dink die beste ding wat jy vir graad 12’s kan gee, is selfvertrou,” sê me. Wiese.  Soos in ander klasse is die ontwikkeling en bevordering van kritiese denke belangrik.  “Hier leer ons nie resepantwoorde nie, maar moedig elke leerder aan om in haar eie denke te delf, die werk te interpreter en krities daarop te reageer.”

Literatuur en kreatiewe skryfwerk is vir juffrou Wiese die lekkerste deel van klasgee.  “I just love well thought out, creatively interpreted responses to topics,” sê sy sonder om te besef dat sy nie meer Afrikaans praat nie.  “Creative writing gives me endless joy.  But Literature is special as well.  It gives us the chance to discuss more than prose and plot, but the human condition – a very interesting topic indeed.”

Me. Suna Wiese in haar klaskamer. Foto: Stephan Meyer

Lewer kommentaar