Interskole 2020 – datums

KENNISGEWING: INTERSKOLE

Die interskole tussen die Hoër Meisieskool Bloemhof en die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje is ’n hoogtepunt op die Bloemhofkalender en vind jaarliks in Augustus plaas. In 2020 sal dié stryd in Bloemfontein plaasvind en Paul Roos Gimnasium, ons broerskool, sal ook na die Vrystaat reis om teen Grey Kollege deel te neem. 

Ons ontvang tans baie navrae van ouers, leerders en oudleerders oor die datums waarop die interskole plaasvind en gee graag die volgende deur:

 

Vanjaar sal Bloemhof en PRG se interskole op twee verskillende naweke plaasvind. Bloemhof/Oranje se interskole sal op Vrydag 14 en Saterdag 15 Augustus 2020 plaasvind, terwyl Grey College en Paul Roos Gimnasium reeds op die langnaweek (7-8 Aug) kragte meet.  

 

Die besluit om die interskole op twee naweke te hou, is ongelukkig nie deur Bloemhof geneem nie en gevolglik kan ons nie op die navrae reageer nie. 

Lewer kommentaar