Een van die nuwe graad 8's sit en luister aandagtig na die skoolhoof se boodskap. Foto: Stephan Meyer

152 nuwe graad 8’s van 55 laerskole het hul hoërskoolloopbaan by die Hoër Meisieskool Bloemhof begin.  Die “Kleintjies” en hul ouers is amptelik op Dinsdag 14 Januarie 2020 deur die skoolhoof, me. Wilna van Heerden, welkom geheet en drie kerse is volgens tradisie vir hulle aangesteek. 

Terwyl die graad 8’s aan die VRL toevertrou is, kon die nuwe Bloemhofouers in die vierkant saamkuier. Die BOOV (Bloemhof-ouer-onderwyservereniging) en die Bloemhofbond het vir heerlike happies gesorg.

“Skool” begin egter eers volgende week vir die graad 8’s – vir die res van die eerste week word tyd ingeruim vir algemene oriëntering, sportuitdunne en pret. As deel van hul verwelkomingsweek sal die dogters oudergewoonte Vrydagaand by die skool oorslaap voordat hulle Saterdagoggend hul skoolbaadjies ontvang.

Graad 8-ouers is welkom om die saalbyeenkoms van Maandag 20 Januarie (09:15-10:15) by te woon wanneer die graad 8’s amptelik as Bloemhoffers verwelkom word.  

Me. Winnie Viljoen (adjunkhoof) steek die drie kerse vir die graad 8's aan. Foto: Stephan Meyer
Die BOOV (Bloemhof-Ouer-Onderwyservereniging) en die Bloemhofbond het vir ’n heerlike saamkuier gesorg. Foto: Stephan Meyer
Die VRL sing vanjaar se temalied vir die graad 8's. Dié temalied is een van die skool se gewilde tradisies. Foto: Leon Piron
Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos