Vir die eerste keer word twee van Bloemhof se A-hokkiespanne onder die top 10 in die land gereken nadat die o.16’s en die o.19’s die afgelope langnaweek aan nasionale toernooie deelgeneem het.  Ook die o.14A’s het getoer en hul uitstekend van hul taak gekwyt, berig STEPHAN MEYER.  

Cindy Long (o.16A) in aksie tydens die Top 12-toernooi in die Paarl. Foto: Betti Erasmus

Bloemhof se drie A-hokkiespanne het oor die Vrouedaglangnaweek aan drie verskillende toernooie deelgeneem: die o.14A’s was in Grahamstad vir die DSG o.14-toernooi terwyl beide die o.16A en o.19A-spanne uitgenooi is om aan Nasionale Top 12-toernooie deel te neem.

In Grahamstad dring die o.14’s tot die semifinaal deur, maar buig eers die knie teen Eunice van Bloemfontein en eindig uiteindelik vierde uit die 16 skole toe hulle daarna teen St. Mary’s Waverly verloor.  Herschel Girls’ School is as die wenners van dié toernooi gekroon. 

 Vir die eerste keer het Bloemhof se o.16A’s vir die Nasionale Top 12-toernooi gekwalifiseer wat by die Hoërskool Paarl Gimnasium plaasgevind het.  Hier behaal hulle ’n agtste plek.  Oranje eindig eerste met St. Mary’s Waverly wat die silwer en DSG Gramstad wat die brons medalje inpalm.

Die o.19A’s het weer aan die Super 12-toernooi in Bloemfontein deelgeneem waar hulle negende eindig.  Ook hier wen Oranje die toernooi met St. Mary’s Kloof en die Hoërskool Menlopark in onderskeidelik die tweede en derde plek.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos