‘n Filmspan van kykNET NOU besoek die HMS Bloemhof op Maandag, 26 Augustus 2019 om ’n episode vir hul gewilde reeks Skole Top 10 op te neem.  Verskeie segmente word beplan en die graad 8 tot 11-leerders sal die geleenheid hê om daaraan deel te neem.  Die dag word só beplan dat akademiese verrigtinge nie ontwrig word nie, maar klasse met leerders sal waarskynlik in die agtergrond van sekere segmente sigbaar wees.

TOESTEMMING OM OP TV TE VERSKYN

  • Ouers/voogde wat NIE wil hê dat hul dogter(s) op TV moet verskyn nie, kan dit skriftelik versoek deur ’n e-pos aan mnr. Stephan Meyer by stephan@bloemhofschool.co.za te stuur.  
  • Leerders kan aandui of hulle bereid is om op TV te verskyn wanneer hulle hul liedjie(s) via die aanlynvorm nomineer.

NOMINEER JOU LIEDJIE(S) NOU

  • Besoek bit.ly/BloemhofTop10 en nomineer jou Afrikaanse liedjie(s).  Jy kan ‘n maksimum van tien liedjies nomineer.
  • Nominasies sluit op Sondag, 18 Augustus 2019 om middernag. 
Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos