Bloemhof se nuwe hoofleiers: V.l.n.r. is Lize Burger (hoofdogter: Huis Bloemhof), Sibbie Smith (adjunkhoofdogter: Huis Bloemhof), Nichola Viviers (adjunkhoofdogter: HMS Bloemhof) en Mieke Matthee (hoofdogter: HMS Bloemhof) Foto: Stephan Meyer

Die Hoër Meisieskool Bloemhof se nuwe hoofleiers vir 2019/2020 is Maandag, 5 Augustus 2019 aangekondig. 

Mieke Matthee is die nuwe hoofdogter, terwyl Nichola Viviers die nuwe adjunkhoofdogter is.  Huis Bloemhof, die skoolkoshuis, se hoofdogter vir 2019/2020 is Lize Burger en Sibbie Smith is die adjunkhoofdogter. 

Die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) is reeds op Vrydag, 26 Julie bekendgemaak, maar tydens ‘n spesiale geleentheid op 5 Augustus ingehuldig.  Vier verteenwoordigers in grade 8, 9 en 10 en 10% van die graad 11-groep (13 leerders) is demokraties deur die leerders van die skool verkies.  Hulle is Annalien Hurter, Sunelle Maass, Sumari van Blerk, Janke-Martine Viljoen (graad 8), Carmen Bonsma, Nicole Bougas, Kyanti Greyling, Lara Steenkamp (graad 9), Tia Bruwer, Augustu-Mari Dercksen, Lenka Steenkamp en Zara van der Westhuizen (graad 10).  Die graad 11-leerders is as volg:

  • Lize Burger
  • Ané Conradie
  • Nerine de Vos
  • Eljah de Wet
  • Ghia Hough
  • Andri Malan
  • Mieke Matthee (hoofdogter)
  • Sibbie Smith
  • Annerine Strauss
  • Cara Taylor
  • Cimòn van der Westhuizen
  • Anneken Viljoen
  • Nichola Viviers (adjunkhoofdogter)

Huis Bloemhof se Huiskomitee (HK) is ook op Vrydag, 26 Julie aangekondig nadat die koshuisinwoners gestem het.  Die ses graad 10-inwoners wat op die HK sal dien, is Nita de Jager, Cleoni Esterhuyse, Linda Mentz, Anine Oosthuizen, Zara van der Westhuizen en Mienke Viljoen.  Die Graad 11’s is as volg:

  • Lize Burger (hoofdogter)
  • Beatri Cloete
  • Annemi Duminy
  • Christine Grobler
  • Taylor Hendrikse
  • Ghia Hough
  • Leigh Jansen
  • Lize Louw
  • Sibbie Smith (adjunkhoofdogter)
  • Anneken Viljoen
  • Nichola Viviers
Ons wens ons nuwe leiers baie voorspoed vir hul termyn toe!  
Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos