Dit het onder ons aandag gekom dat ’n “40 Days”-partytjie vir matrikulante gereël word en rig die volgende kommunikasie in verband hiermee aan ons graad 12-ouers en -voogde.

Alhoewel matrikulante “40 days” as ’n belangrike mylpaal in hul matriekjaar beskou en dit wil vier, word dié dag geensins deur die Hoër Meisieskool Bloemhof gereël of goedgekeur nie.  Ons neem tydens die Uitstapdag (Vrydag, 11 Oktober 2019) formeel van ons graad 12’s afskeid tydens ’n spesiale geleentheid wat u ook mag bywoon.   

U dogter se veiligheid is ons topprioriteit, maar ons kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir haar veiligheid as sy kies om hierdie partytjie by te woon nie.  Indien u u dogter toelaat om die partytjie by te woon, doen u so met die wete dat dit nie ’n amptelike skoolfunksie is nie en dat die skool nie verantwoordelik gehou kan word vir enige gevolge wat dié funksie inhou nie. 

Die skool dra ongelukkig nie kennis van die fyner besonderhede rakende hierdie partytjie nie en kan daarom nie navrae hieroor beantwoord nie.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos