Marné Louw (o.14C) in aksie tydens die wedstryd teen La Rochelle. Foto: Stephan Meyer

Vanjaar slaag die Bloemhofnetbalspanne daarin om 14 van die 15 wedstryde teen die HMS La Rochelle te wen.  Die wedstryde is op 1 Augustus by Bloemhof gespeel met slegs die o.14A’s wat teen Larries verloor – en dit met een doel!  Die o.18A’s wen 13 doele (33:20) en die 15 spanne sorg saam vir ‘n totaal van 411 doele oor die loop van die middag.

Die volgende groot spordag is die jaarlikse Interskole teen die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje wat van 15 tot 17 Augustus by Bloemhof plaasvind.  Laai die speelrooster by www.bloemhofschool.co.za/interskole af.  

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos