Twee Bloemhof A-spanne – die o.16’s en o.18’s – het vanjaar aan die nasionale rondte van die Topskole Netbalkampioenskappe in Boksburg, Gauteng deelgemeem waar albei onder die top 20 in die land geëindig het.

o.16A
Die o.16A-span is (agter v.l.n.r.) Anne-Marie Celliers, Inneke Mostert, Karli Roux, Ferran Linders en Greta Malan. Voor sit Linda Mentz, Lenka Steenkamp en Augusta-Mari Dercksen. Foto: Verskaf

Nadat die o.16A’s op die eerste dag teen twee skole uit die Ubuntu-afdeling gespeel het, begin die kompetisie in alle erns toe hulle op Saterdag, 20 Julie die Hoërskool Secunda 17:9 klop.  Hulle verloor ongelukkig met twee doele teen Hoërskool Dinamika (Alberton) en daarna ook hul wedstryd teen Helpmekaar Kollege (Johannesburg), maar eindig die dag op ’n hoë noot deur die Hoërskool Duineveld (Upingtong) met sewe doele te klop.  

In die wedstryd om posisies 8 tot 12 te bepaal, slaag die spelers van die C & N Sekondêre Meisieskool Oranje net-net daarin om die Bloemhoffers te wen en sodoende uit die top 10 te hou.  Hul laaste wedstryd, teen die Bergsig Akademie (Rustenburg), eindig in Bloemhof se guns.  Die o.16A’s eindig in die 11de posisie  uit 16 spanne.

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria wen die o.16-afdeling met Hoërskool Dinamika wat die silwer medalje ontvang.  Die Hoërskool Menlopark (Pretoria) eindig derde.   

o.18A
Die Bloemhof Eerstespan is (v.l.n.r.) Kara Barnard, Jenika Vorster, Mila Aggenbach, Jeannie Jooste, Sibella Barnard, Danica Fourie, Lynn Rossouw en Inge van Heerden. Voor sit Jana Liebenberg. Foto: Desiré Coetzee

Dit was ’n moeilike toernooi vir die o.18A-netbalspan wat vanaf die tweede dag teen drie sterk netbalskole van Pretoria moes uitdraf. Hulle verloor met vier doele teen Hoërskool Zwartkop, daarna met sewe doele teen Hoërskool Waterkloof en uiteindelik met nege doele teen Hoërskool Eldoraigne wat hulle in onderste teel van die top 16 geplaas het.  Hulle verloor 22:31 teen Oranje Meisieskool (Bloemfontein) en daarna met twee doele teen Hoërskool Diamantveld (Kimberley) om 16de uit 26 skole te eindig. 

Afrikaans Hoër Meisieskool (Pretoria) wen die o.18-afdeling, terwyl Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Sentraal (Bloemfontein) onderskeidelik die silwer en brons medaljes ontvang.   

Veels geluk aan hierdie spanne.  Bloemhof se o.15A-netbalspan sal in Augustus ook op nasionale vlak deelneem as hulle deel van die 2019 Kay Motsepe-toernooi vorm.    

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos