Vir die eerste keer word daar netbalwedstryde teen die Hoërskool Outeniqua in George gespeel.  Die speelrooster en reëlings vir hierdie toer verskyn hier onder.

  • Spanne vertrek Vrydag om 12:15 vanaf die skool en die netbalspelers kom in hul volledige sweetpakke skool toe. 
  • Leerders sal om 12:00 uit hul klasse verskoon word en tasse kan in kamer 10 gestoor word.  
  • Almal moet asb. hulle eie middagete inpak.  Vrydagmiddagete gaan op die busse genuttig word. 
  • Aandete en ontbyt is ingesluit by die Town Lodge waar ons tuisgaan.
  • Die eerste wedstryde begin Saterdag om 08:30 en die Eerstespan speel om 11:50.  Daarna sal die leerders die kans hê om middagete by Outeniqua se snoepie koop. 
  • Leerders moet om 13:45 by die busse by HS Outeniqua aanmeld sodat ons om 14:00 kan vertrek.
  • Die leerders mag in warmer, meer gemaklike klere op die bus ry, maar moet ‘n volledige Bloemhof-sweeetpak dra wanneer ons op die bus klim en weer in George afklim. 
  • Leerders moet almal saam met die bus na George ry en saam met die span in die Town Lodge bly.  Hul mag wel saam met hul ouers terugry – ouers moet dit asb. skriftelik vir die spanbestuurder deurgee indien die leerder nie saam met die bus terugry nie.
  • Die verwagte aankomstyd in Stellenbosch is Saterdagaand om 20:00.  

Laai hierdie sportprogram as ‘n PDF af:  

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos